top of page
Volcanic landscape

Welkom!

Vertrou Boorgat Waterwys met u boorplêk water aanwysings na 'n pad van selfvoorsiening en onafhanklikheid vir dekades om te kom...

Waterwys: Welcome

Waar ons u boorplêk water aanwysings behartig

Geologiese aanwysing in groen vir oop, geel vir alternatief/potensieel en rooi vir toe/ongunstige boorgate.

GoogleEarth_Image (1).jpg
Picture1.png
Picture2.png
Geological survey.png
Resistivity method.jpg
IMG-20190721-WA0011.jpg
IMG-20190721-WA0009.jpg
46925559_309369153249977_246406557142404
water.png
waterwys.png
waterwys1.png
2019-08-04 at 14.32.09.jpeg
WhatsApp Image 2020-08-14 at 14.21.11.jp
107607872_2807207542840649_8439271337041
Morningside.png
Waterwys: Welcome

WATERWYS EN DIE WETENSKAP GEOFISIKA

Geologiese kaarte, lugfoto’s, topografiese kaarte en satellietfoto’s is alles hulpmiddele om potensiële boorgatposisies te identifiseer. 

Ons voorsien u met al die geologiese inligting met betrekking tot u eindom byvoorbeeld die supergroep, groep, sub-groep, formasies, kompleks, suite en ander eenhede waar van toepassing op 'n verslag na afloop van ons waterwys besoek. Die inligting moet egter steeds in die veld bevestig en geëvalueer word;

Waarnemings van die natuur soos boomlyne, verandering in plantegroei en topografie is alles geologiese aanduidings wat ons in ag neem en as 'n vertrekpunt gebruik. Dit, tesame met 'n addisionele aanwysingsmetode word gebruik om die breedte van daardie stroom te meet. Nou bevestig ons ook die rigting (N-O-S-W) van die stroom om te besluit of dit 'n oop- of 'n toe-stroom(aar) is. Indien ons tevrede is, merk ons die sterkste punt op daardie lyn, met alternatiewe boor-merke waarop 'n derde metode van aanwysing genaamd Geofisiese eksplorasie volg.  Die metode is 80% suksesvol en wetenskaplik.  Ons suksesse is ver meer as 80%.  Die 20% maak voorsiening vir die risiko van 'n droeë breuk.


Hier meet ons die dieptes van breuke waarin water voorkom met 'n elektriese weerstandsaparaat. Ons plaas ongeveer 15 na 20 staalpenne aan weerskante van 'n potensiele boorplêk in die grond;

​

Elektriese stroom word  in die grond gestuur.  Die potensiaal-verskil word gemeet en die weerstand van die geologiese gesteentes word bepaal. Daar is twee toepassings van die tegnieke:

• Horisontale ondersoeke op ’n bepaalde diepte word gebruik om die beste plek vir ’n boorgat te bepaal.  Die tegniek is goed om vertikale of subvertikale kontakte tussen verskillende gesteentes, asook verskuiwings en frakture op te spoor.  Hierdie metode is  tydrowend, maar word algemeen gebruik in grondwater-ondersoeke.

• Vertikale profielondersoeke om diepte van lae met verskillende weerstande en diepte van geologiese breuke te bepaal.

Waterwys: About Me
bottom of page